Dis 1 Augustus 2013!! Vandag ‘n jaar terug het ek my tekkies aangetrek vir
die eerste keer na 14 jaar van niks doen. Dit was een groot gedreun, geskud en
gekreun. Stadig maar seker het ek begin hardloop. Ek het ‘n doelwit gehad om die GUN RUN 10km te hardloop. Dit was ‘n
enorme uitdaging vir my. 10 KILOMETER!! Vir enige iemand wat dit nog nie te
voet gedoen het nie, is dit vrek ver! Die dag toe ek oor daai eindstreep trap
en die medalje in my hand kry het ek gevoel soos ‘n ‘million bucks’, ‘the king
of my castle’ ‘a freakin champion’, ek was defnitief nie eerste nie, maar vir
my kon jy nou nie juis anders vertel nie. Ek was eerste vir my, ek het my
doelwit bereik!! Dit moes seker ongeveer op daardie oomblik gewees het wat die
sogemaande ‘gogga gebyt het’.
12 maande later en hier hang nou 13 medaljes teen my muur. 2 van hulle is
goud, sekerlik net goud van kleur, maar vir my is dit ware goud! 2 half
maratonne, (21km). Hierdie lekke ekke het dit gedoen, ekke myself! Ek staan
steeds elke keer in vabasing as ek iets bereik.
Vandag trek ek my tekkies aan en oefen vir ‘n 4 dag wedloop oor berge en
dale met ‘n totale afstand van ongeveer 90km. Ek kan nog self nie my kop rondom
daai een kry nie. Een van die grootste lesse wat ek geleer het, is dat niks onmoontlik is nie!
Ek het ongelooflik baie mense, inspireerende mense, ontmoet. Ek leer
ongelooflike baie lesse, positiewe lesse. Ek deel graag ‘n paar van hulle:
- NEVER SAY NEVER!! Never say NEVER! NEVER ever SAY NEVER!
- NOTHING IS IMPOSSIBLE
- ALWAYS SAY THANK YOU
(to the marchalls)
- IF YOU THINK YOU'RE
DYING, JUST CHECK YOUR BEATHING (most likely to find you’re still alive)
- YOU CAN DO ANYTHING YOU
PUT YOUR MIND TO
- RUN FOR YOURSELF (IT IS
SOMETHING YOU DO FOR YOUR BODY. AN INVESTMENT IN YOUR OWN HEALTH AND
SANITY)
- NO ONE HAVE THE TIME TO
RUN. YOU NEED TO MAKE TIME.
- GET UP – EVEN IF IT IS
DARK – PUT YOUR TEKKIES ON – AND GO!
- EVERYONE HAS BAD DAYS
- ANYONE CAN RUN
- CHAT ON THE RUN – STAY ON THE RUN
- IT IS OK TO WHEE BEHIND A BUSH (even if you are a woman)
- IT IS ORGANIC TO BLOW SNOT TO THE SIDE OF THE ROAD
- IF YOU THINK YOU CANNOT DO IT – THINK AGAIN.