Ek sit vanoggend by die kombuis tafel en staar na die stoom wat nog uit die koppie Jacobs Kronung trek. Een van die dae sal dit seker 'n flouer stoompie uit 'n Ricoffy moet wees. My liewe man is vanoggend hier weg om te doen wat hy al 2 jaar lank dreig om te doen. Hy gaan bedank.
Hy het dit al soveel kere van tevore gesê, "my skat, ek gaan bedank!" Dan trek my keel toe en my poephol trek op 'n tuit. Elke keer is ek maar te dankbaar dat dit maar net 'meer bek as binnegoed' is. Die keer egter, is ek bevrees is dit die ware jakob.
Dis 'n vreemde gevoel wat ek het. Ek is rustig en kalm, die toegetrekte keel en die poephol wat tuit trek ontbreek heeltemal. Ek is sowaar rustig en kalm. Inteendeel, ek is opgewonde. Opgewonde oor die nuwe uitdaging wat voor ons lê. Ek besef ons gaan vir 'n paar maande dalk moet droë brood eet en die 'two ply toiletpaper' maar op die winkel rak moet los. Maar as dit is wat ek moet prys gee om my man weer terug te kry, dan is die prys maar min om te betaal.
Ek kan nie wag om koebaai te sê aan die ewige werksoproepe en afwesigheid by die huis oordat hy moet aandag gee aan werk nie. Ek wil nou nie sit en kla oor alles wat verkeerd gegaan het die laaste tyd nie. Ek wil net dit sê, as jou sitsuasie vrot is, is daar net 1 persoon wat dit kan verander en dit is: JY SELF! Ek preek dit al so lank vir hom, en vandag het hy oorgegaan in aksie.
Hy is terug na sy vergadering met die baas (shmaash), dis ofisieel. Hy het bedank, hy moet sy 30 dae uit werk en dan, wat dan? Ons is gereed vir hierdie uitdaging. Ek staan 100% agter hom en ons sal dinge laat werk.
We're 30 and the rollar coaster just started! Lets ride it baby...
Ek moet net vir julle sê dat die bedanking van korte duur was. Die baas het natuurlik weer mooi gepleit dat hy moet bly en nou gaan hy weer op die ou trant aan. Elke dag gatvol, maar aan die einde van die maand word die rekeninge darem betaal. Die dag as hy finaal daar uit stap sal ek seker begin om 'n boek te skryf....
ReplyDelete